...

Enkelsnit “’n Vriend Soos Jy” het tonge aan die klap

Mack Rapapali en Christiaan Baartman het onlangs hul eerste enkelsnit getiteld “’n Vriend Soos Jy” uitgereik.

Die gewilde aanbieder en platejoggie, Mack Rapapali en die talentvolle musikant en liedtjieskrywer, Christiaan Baartman het die treffer opgekook.

Die liedtjie vertel die verhaal van twee persone wat ‘n vriendskap gebou het op wat deur die donker en lig daar is. “Met jou om my sy vrees ek geen gevaar,” is van die lirieke wat die band tussen die twee kunstenaars beskryf.

Christiaan het self die lied geskryf en die klankversorging is deur Sean Manley behartig.

“Ons almal het daardie een mens/vriend in jou lewe wat jou van binne en buite ken. Al jou sterk- en swakpunte. Die eerste persoon wat jy bel wanneer jy in die moeilikheid is en die eerste persoon wat jy bel om goeie nuus mee te deel,” sê Christiaan.

“’n Vriend Soos Jy” se musiekvideo is ook bekendgestel toon die tema van die liedtjie van maats wat mekaar deur dik en dun ondersteun.

Die video is deur EventCast Virtual Studios in Centurion vervaardig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Open chat
Hello 👋
How can we help you?